Wednesday, 20 August 2008

Nog 'n dag van marteling.

Ek het vandag vroer dojang toe gegaan om my “huiswerk” te doen. Dit was nie so moielik nie, of laat ek eerder se die tegniek was nie moelik nie. Dit het bietjie gehelp met wat volgende gekom het.

Na opwarming het ons tot vervelens toe flips gedoen. Ek het geen idée wat dit regtig genoem word nie. Jy hardloop ‘n klompie tree, buig, sit jou hande op die grond en bring jou voete oor. Behalwe vir miskien twee keer het ek die hele tyd op my agter end geland. The kere wat dit nie gebeur het nie het ek hulp gehad.

My gewrigte is seer. My enlkels is seer. My duim is nog steeds seer van laas week en my nek is seer. Ons kan maar net wonder hoe dit more gaan voel.

No comments: